Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781415206430
Published: June 2015
Imprint: Umuzi
Page Extent: 208
Format: PDF
RRP 165.00

Woudfontein

Formats & Editions

Product Image
e-Book
Product Image
PDF
About the book

Toe luitenant Roelf Bester die Wiskunde-onnie Tron Marais byna kat­swink slaan het hy geweet daar kom moeilikheid … Wat hy nie geweet het nie, is dat dié moeilikheid ’n verhoging en ’n verplasing sou insluit. Skielik is hy nou kaptein Bester, bevelvoerder van die piepklein polisiestasie op Woudfontein, naby Knysna. Hier moet hy en sy twee kollegas na vermiste luislange soek, spanning tussen die pater en pastoor ontlont en ou tannies wat groot rewolwers rondswaai paai. Totdat Tron Marais as moontlike psigopaat in die Pik Botha Sanatorium, net buite Woudfontein, opgeneem word. Tron is verbitterd en woedend oor die onreg wat Roelf hom aangedoen het. Hy is geslepe en hoogs intelligent. En hy is besig om sy wraakplan vir kaptein Roelf te verfyn …

About the Author

Hannes Haasbroek

Hannes Haasbroek

Dr. Hannes Haasbroek is hoof van die Geskiedenis-departement by die Nasionale Museum in Bloemfontein. Hy lewer gereeld bydraes tot wetenskaplike joernale en koerante en van sy kortverhale is reeds in tydskrifte gepubliseer. Sy boek oor die lewe van die bekende sopraan Cecilia Wessels, Stem en legende, is in 2005 gepubliseer en sy biografie oor Bram Fischer, 'n Seun soos Bram, verskyn in 2011. Vir laasgenoemde het hy 'n sala vir niefiksie ontvang. In 2012 wen sy kortverhaal By oulike mense op die platteland in die Bloemfonteinse Skrywersvereniging se jaarlikse skryfwedstryd.

Read more

More titles by this author

×