Search for your favourite author or book

Mynhardt Joubert

About 
Sjef Mynhardt het meer as ’n dekade gelede in die Kaap aangekom en aanvanklik in ’n wynkroeg in De Waterkant gewerk. Ná ’n mengelmoes van beroepe in die kunste, waaronder as balletdanser, het ’n hele wêreld van kos en wyn voor hom begin oopgaan en het hy verlief daarop geraak. Hy glo daar is niks meer bevredigend as om kos met liefde te berei en te sien hoe dit mense beïnvloed nie.
 
Sy pad het gelei na Riebeek-Kasteel, waar hy die formidabele Anton Espost en sy vrou, Cecile, ontmoet het. Dit was hulle droom om ’n plattelandse wynkroeg en eetplek te vestig, en só is Bar Bar Black Sheep gebore. Hulle het daarop gekonsentreer om kos wat plaaslik verkry is met liefde te berei. Hulle het gekonsentreer op kos wat voorberei is met plaaslike bestanddele en het dit in die eenvoudigste en geurigste kombinasies voorgesit.
 
Vyf jaar later het Mynhardt deelgeneem aan kykNET se werklikheidskookkompetisie Kokkedoor. Dit was die ondervinding van ’n leeftyd, en hy en sy kookmaat het die kompetisie gewen. Hulle het hulle eerste resepteboek vir die Kokkedoor-handelsmerk ontwerp en gestileer. Sjef Mynhardt was vir ’n paar jaar die handelsmerkambassadeur vir die KWV-bemarkingsveldtog en het meegewerk aan ’n wonderlike webwerf: www.mynhardt.co.za, wat tans aanlyn inhoud vir verskeie sosialemediaplatforms en gedrukte media verskaf.

Titles by this author

Chef Mynhardt Joubert has been cooking from his Station Street Kitchen in Paarl in the...
Sjef Mynhardt Joubert kook al die afgelope vyf jaar in sy Stasie Straat Kombuis in die Paarl...

Chef Mynhardt Joubert has been cooking from his Station Street Kitchen in Paarl in the Western...