Search for your favourite author or book

Boas Mei is Verward

ISBN 
9781415206621
Format 
Epub
Recommended Price 
R185.00
Published 
June 2015
About the book: 
Boas Mei is verward oor baie dinge. Oor hospitaaldrag en boude wat uitsteek. Oor die kere wanneer sy geliefde hom liefhet. Oor wat om te maak met die wreedheid van die wêreld. So verward is Boas dat hy in die hospitaal
beland. Maar oor een ding is hy nie verward nie: wat die probleem in sy kop is.
 
Geleerde dokters kom naby vuisslaan oor daardie probleem. Die breinchirurg proe al die Nobelprys ná hy sy studie oor Boas se brein gepubliseer het. Die neuroloog se vuil bek grens aan Tourette- sindroom soos sy
stoei met die probleem. Die dokters lyk maller as Boas self, maar selfs dít help nie. Daar is geen handboek vir wat Boas se kop makeer nie. Tot hulle hom huis toe stuur. En hy sy storie op die kamermuur begin uitskryf. ’n Beter een, want sy ware storie is nie mooi nie.
 
Tinus Horn se aangrypende roman ondersoek geweld en skuld en hoe naby leuens soms aan die waarheid loop.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author

Tinus Horn is ‘n oud-joernalis wat deesdae skilder en skryf en kort animasieflieks maak. Bomskok verskyn 18 jaar na sy eerste boek, Droster.

Others also viewed

Zambia and Malawi are home to 240 reptile species, of which 114 are snakes, 108 lizards, 14...
The 12 key tissue salts are minerals that should be present in our bodies in per fect balance to...
Chef Tjaart Walraven may trace his ancestral roots to the North Sea, but his heart is firmly set...
When Afrikaans singer and actress Antoinette Pienaar first stood before renowned Griqua healer...