Search for your favourite author or book

Hierdie Huis

ISBN 
9781415208991
Format 
Epub
Recommended Price 
R145.00
Published 
July 2017
About the book: 
Kleinboer woon steeds in rowwe Yeoville naby Johannesburg se middestad. Hy is verknog aan sy erf, maar is ’n speldjie wat telkens na ander magnete aangetrek word.
 
Sommige lesers het dalk gehoop hy het al ophou rondloop. Maar nee, hy is steeds verslaaf aan die versoekings wat bordele bied. Sy rondlopery strek nou wyer en hy gaan loer selfs wat bo in Afrika aangaan. Sy Zoeloe-vrou worstel teen ander magnete, hoofsaaklik die sjebiens binne stap- of strompelafstand van die huis. Deur dit als woel Kleinboer se obsessie met die Lotto, waaruit hy getalle én woorde maak.
 
Hierdie huis  voltooi die drieluik wat Kleinboer met sy bekroonde Kontrei  en Werfsonde  begin het op fassinerende en ontroerende wyse.
Listing 
About the Author
Kleinboer ontvang in 2004 die Jan Rabie Rapport-prys vir sy debuutwerk, Kontrei ,  en hierna volg Werfsonde . Hy is in 1956 op die Oos-Rand gebore en het in Kemptonpark grootgeword.
 
Na jare as rekenaarprogrammeerder en stelseladministrateur het hy taalversorging vir ’n landboutydskrif gedoen. Hy werk tans as subredakteur by ’n dagblad en woon in Yeoville.
 
Foto © Joanne Olivier

Others also viewed

THIS IS A TRUE STORY OF EXODUS, the inevitable journey of the last of the First People, as they...
This book offers 50 innovative ways of looking at your business as a long-term, dynamic,...
South Africa has produced more great all-rounders than any other country. Jimmy Sinclair was the...