Search for your favourite author or book

Hoop, Heling & Harmonie: Dink nuut oor siekte en genesing

ISBN 
9781776095599
Format 
Epub
Recommended Price 
R230.00
Published 
August 2020
About the book: 
Siekte is ’n natuurlike verskynsel sonder betekenis – potensieel ernstig, ja, maar bloot deel van menswees. Teen hierdie agtergrond ondersoek Hoop, heling & harmonie hoe siekte en behandeling ons liggame, gees en menswees aantas. Die doel van geneeskunde is om ons lewens positief te beïnvloed – in die woorde van Hippokrates, om soms te genees, dikwels te behandel, altyd te troos – maar die positiewe is nie noodwendig onvoorwaardelik nie: ons kan té wetenskaplik wees, die persoon agter die siekte miskyk.
 
’n Terugblik na die verlede plaas die huidige in perspektief; die boek analiseer onder andere die taal van siekte en geneeskunde, die rol van emosies, ideologie en politiek in siekte, hoe ons teen die risiko’s van behandeling en navorsing beskerm word, einde-van-dielewe- besluite ... en bereik dan die hoogtepunt: Hoop, Heling en Harmonie. Sonder hoop is die toekoms duister, sonder heling is daar geen genesing nie, en sonder harmonie in die uiteenlopende aandrange van siekte kan daar geen vrede in die gemoed wees nie. Hierdie onderwerpe word dikwels in die media bespreek.
 
Covid-19 is vir almal ’n skrikwekkende nuwe ervaring wat beklemtoon hoe broos die mensdom is. Hoop, heling & harmonie is ’n tydige publikasie wat die besondere eise van die tyd vernuwend aanspreek. Die boek is uniek en sistematies, die teks en styl is toeganklik met heelwat toeligting; nogtans word die leser uitgedaag om opnuut oor siekte-ervaring na te dink.
 
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Sasol First Field Guide to Fishes of Southern Africa  is a fascinating guide to the fishes of...
NOW A MAJOR TELEVISION SERIES AS SEEN ON MNET   Tannie Maria might be the Karoo’s...
Goeiemôre, mnr. Mandela word uitgegee deur Penguin Suid-Afrika. Die Engelse uitgawe,...