Search for your favourite author or book

Opstokers, fopdossers en tweegatjakkalse

ISBN 
9781776091591
Format 
Paperback
Recommended Price 
R240.00
Published 
September 2018
About the book: 
Herman Lategan se verhouding met Afrikaans is soos ’n huwelik: stormagtig, uitbundig, wild, liefdevol. Hierdie versameling stories en besinnings uit die immergewilde skrywer se “Woorde wat wip”-rubriek wat tweeweekliks in Rapport verskyn, sal lesers met selfs die stroefste hallelujagesigte opkikker.
 
In hierdie boek kry jy insae in hoe stories rondom woorde gevorm word. Herman kies telkens ’n woord en bou ’n storie om dit. Die inhoud val uiteen as ’n tipe abecedarium – speelse inskripsies volgens die letters van die alfabet, dikwels met woorde wat nie meer alledaags gebruik word nie of die gevaar loop om in onbruik te raak. Herman is nie bang om (soms geniepsige) sosiale kommentaar te lewer nie, en van die stories handel oor verlies, verlange, patos; ander is sommer laf of selfs katterig.
 
Al gewonder wat ’n huilboerboom, meelwurms, kofia, ietsjoebeentjie, sandkombers of kamdebooharpuisbos is? In hierdie boek word dié woorde, en vele meer, geaktiveer as spilpunte waarom heerlike stories verweef is. Ideaal vir proe-proe lees op enige plek waar jy jou sit of lê die lekkerste kry.
Other titles by this author 
About the Author
Herman Lategan is ’n boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ’n bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems,  het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast,  asook kortverhale in o.m. Bloots  en Skrik op die lyf.

Others also viewed

Butterflies and moths are some of the most amazing creatures in nature.   There are over...
From the modern-day bestselling classic, Think and Grow Rich ― this new edition dives deeper into...
Kainsmerk  is ’n versameling stories wat meestal as kortverhale en vervolgverhale...
The first guide ever to document and explore the diverse parks and reserves of Africa’s...