Search for your favourite author or book

Victor: My Reis

ISBN 
9781770222670
Format 
Epdf
Recommended Price 
R175.00
Published 
November 2011
About the book: 
As een van die Springbokspan-spelers met die grootste aantal verskynings ooit, is Victor Matfield ’n nasionale held met voortreflike spel oor provinsiale grense heen en geniet hy die guns van aanhangers regoor die wêreld. Sy rugby-prestasies en kordaatstukke is talryk: hy was deel van die span wat die 2007 Rugby-Wêreldbeker gewen het, hy het die Bokke twee Drienasies-toernooie help wen, hy het drie keer die Super 14-trofee saam met die Bulle omhoog gehou, en hy het Curriebeker-glorie gesmaak.
 
In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, gesels hy openlik oor sy lewe, van sy grootwordjare as ’n skugter seun van Pietersburg tot waar hy Pretoria toe getrek het en as talentvolle jong rugbyspeler op die harde manier geleer het hoe om die plesiere in die lewe te hanteer. Hy praat openhartig en reguit oor geskille met afrigters, in-sluitende sy mentor Heyneke Meyer, Pieter de Villiers en voormalige Bok-afrigter Jake White, wat hom eenkeer fisiek probeer aanval het. 
 
Victor vertel ook van Kamp Staaldraad, die Bulle wat gefaal het in sy laaste seisoen as speler en die kontroversiële skeidsregtersbelissings was gelei het tot die Bokke se kwarteindstryd-nederlaag in die 2011 Rugby-Wêreldbeker. Hierdie is ongetwyfeld die één boek wat elke rugby-entoesias sal wil lees.
Listing 

Others also viewed

Could you be the Branson of business, the Clarkson of cars or the Schwarzenegger of bodybuilding...
Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek  is ’n byderwetse Suid-Afrikaanse kookboek met...
THIS IS A TRUE STORY OF EXODUS, the inevitable journey of the last of the First People, as they...
Buckle up for a tour of South Africa – your guide the inimitable Sihle Khumalo. Born in...