Search for your favourite author or book

Vlam in die Sneeu: Die Liefdesbriewe van Andre P Brink en Ingrid Jonker

ISBN 
9781415208830
Format 
Epdf
Recommended Price 
R280.00
Published 
November 2015
About the book: 
Op 29 April 1963 stuur die 29-jarige digter Ingrid Jonker ’n telegram aan André P. Brink. Sy bedank die 27-jarige skrywer vir blomme en ’n brief wat hy aan haar besorg het. In die meer as tweehonderd skrywes wat hierna tussen die twee volg, ontvou sekerlik die bekendste liefdesverhouding in die Afrikaanse literêre geskiedenis. Jonker se finale brief aan Brink is gedateer 18 April 1965 – drie maande voordat sy die see in loop by Drieankerbaai.
 
’n Halfeeu later word lesers se verbeelding steeds aangegryp deur die hartstog van dié teer, dikwels stormagtige verhouding.
 
In Desember 2014, drie maande voor sy dood, het André P. Brink die liefdesbriewe tussen hom en Ingrid Jonker vir publikasie aangebied. Die briewe is nog nooit voorheen gepubliseer nie en sluit onbekende persoonlike foto’s in.
Listing 

Others also viewed

Hierdie ABC-boek is geskryf deur Wendy Maartens “en Appelliefi e die hanskolgans (wat haar...
Mynie Steffens bely in haar eie woorde sy is ’n selferkende braaiverslaafde en kook al...
Fully revised, the new edition of  Field Guide to Butterflies of South Africa ...
Making Champions by Michael Jenkins is a journey into the histories, hearts and homes of some...