Search for your favourite author or book

Die Diepblou See

ISBN 
9781415209486
Format 
Epub
Recommended Price 
R145.00
Published 
June 2017
About the book: 
Snags, vanaf die hawe, tuur Jan Hofmeyr oor Tafelbaai uit. Dan duik hy die diepte in, na waar die blou water gitswart verkleur. In die donker wiebeling swem hy saam met glimmende visse, kom hy gestorwe voorsate en mitiese figure teë.
 
Bedags hou hy sy nagtelike eskapades geheim. In die oseaan beur hy weg van die sleur wat sy lewe geword het. Hoffie, die wonderkind wat op vyftien sy eerste graad ontvang het; Jan, die minister wat onder Louis Botha én Jan Smuts in die kabinet gedien het. Dis sý soort liberalisme waarteen die vaders van Apartheid tydens die 1948-verkiesing sou waarsku.
 
Maar wat gaan soek hy snags in die diepblou waters? François Loots vervleg kontreitaal met mitologie en die magiese om in Die diepblou see  gestalte te gee aan een van die fassinerendste Suid-Afrikaners van alle tye.
 
>> Kliek hier om 'n uittreksel te lees.
Other titles by this author 
Listing 
About the Author
Francois Loots het naby Prieska in die Noord-Kaap grootgeword. Hy studeer Engels, Duits en Sielkunde aan die Universiteit van Kaapstad en Unisa en werk in die onderwys, landelike ontwikkeling en in die gedrukte media.
 
Hy is die skrywer van vier romans. Rooi Jan Alleman,het op die Universiteit van Johannesburg-prys vir skeppende skryfwerk se kortlys verskyn. Nadat hy in die buiteland woonagtig was, woon en werk hy tans in Kaapstad.
 
 
Photograph © Jurgen Marx.

Others also viewed

All Sorts of Salads features over 70 delicious recipes for main and side salads. Gone are...
Things I used to wish were true:   1.  On the morning of your twenty-first...
Die Klassieke Suid-Afrikaanse Kookboek  is ’n byderwetse Suid-Afrikaanse kookboek met...