Search for your favourite author or book

Die Lang man sonder skaduwee

Event Date 
07 February 2018
Venue 
Graffiti Boeke, Menlyn Maine, Pretoria

_______________________________________________________________________________________

Penguin Random House, Umuzi en Graffiti Boeke bied aan Die Lang man sonder skaduwee :

Antoinette Pienaar sal in gesprek wees met Ilse Salzwedel

  • Datum:  Woensdag, 7 Februarie 2018
  • Tyd  18:00 vir 18:30
  • Plek:  Graffiti Boeke, Menlyn Maine
  • Adres:  Central Square, Menlyn Maine, h/v Aramist- & Corobaylaan, Waterkloof Glen, Pretoria
  • Koste: R60 per persoon
  • Bespreek  teen Maandag, 5 Februarie by menlyn@graffitibooks.co.za of 012 348 1835

________________________________________________________________________________________

Die boek:

“Die lang man sonder skaduwee,” so het die oumense gepraat as hulle die grondpaaie beskryf het wat oor die rug van vlaktes loop soos linte wat plase en veeposte en dorpe aan mekaar bind. Dit was ’n raaisel wat hulle vir mekaar gevra het om ’n stram geselskap aan die gang te kry.
 
Met dié raaisel begin Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres, aktrise en radiopersoonlikheid, haar nuwe boek ná die verskyning van Kruidjie roer my, haar boek oor Karookruie wat sy plek as ’n klassieke werk in Afrikaans ingeneem het. Sy werk reeds vir jare in die Karoo saam met oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-medisyneman. Oom Johannes leer haar hoe om Karookruie te gebruik om mense se lywe en siele te genees en van heinde en ver kom besoekers om hier by hulle gesond te kom raak.
 
In Die lang man sonder skaduwee  sit Antoinette haar roeping as geneser voort. Vol begrip en deernis word Karookruie ingespan om allerlei kwale te genees. Maar nou ondersoek sy ook die genesende krag wat in die ou stories, raaisels en rympies van die Griekwa-mense skuil, want dikwels het ’n fisieke probleem ’n emosionele oorsprong en is dit stories wat die hart kan genees. Die langman sonder skaduwee is volksbesit: waardevolle inheemse kennis liefdevol opgeteken vir lees en herlees.
 
>> KLIEK HIER  om 'n uittreksel te lees