Search for your favourite author or book

Rand en sent

ISBN 
9781776092390
Format 
Epub
Recommended Price 
R170.00
Published 
June 2018
About the book: 
Rand en sent, gegrond op die gewilde gelyknamige RSG-program, is ’n onontbeerlike gids tot goeie persoonlike finansiële bestuur. Suzaan Steyn bring die kundigheid van kenners van gerespekteerde finansiële instellings hier op ’n toeganklike wyse bymekaar. Die boek is ideaal vir lesers wat nie noodwendig toegang tot die dienste van finansiële adviseurs of konsultante het nie. Raad word verskaf oor hoe om ’n begroting behoorlik op te stel – en te laat klop.
 
Mense wat hulle in die dryfsand van skuld bevind, kry waardevolle wenke oor hoe om uit dié aaklige spiraal te ontsnap en te begin spaar. Alles wat ’n mens oor eiendomsbeleggings, algemene en aanlynbeleggings behoort te weet, is hierin vervat. Inligting oor hoe om die maksimum opbrengs uit polisse te verseker, word gegee, en skuiwergate wat ’n mens op die finansiële pad kan laat struikel, word uitgewys. En nog vele meer. Noodsaaklike leesstof vir alle Suid-Afrikaners wat ernstig oor hul geldsake is.
Other titles by this author 
Listing 

Others also viewed

Scotsman Angus Bell is minding his own business in Montreal when a psychic tells him he'll be...
In this fully revised edition of A Guide to Dragonfl ies & Damselfl ies of South Africa,...
Zanemvula Kizito Gatyeni Mda, better known as Zakes Mda, is an award-winning South African...