Resepte: Mynie Speel met Vuur deur Mynie Steffens

This entry was posted on 13 September 2021.

Mynie Steffens nooi jou om pret te hê elke keer as jy braai, met alles van spyskaarttemas en smaaklike (dikwels onkonvensionele) resepte tot gepaste musiekspeellyste en prettige feite! Hetsy jy dus ’n braaigroentjie is of jouself as ’n braaikenner beskou, sluit gerus aan by die partytjie en leer nuwe truuks op Mynie se manier.

 


 

INDEX

Lamtjops

Garnale

Soetrissies

Riboog-steak met Kruiesous

 


Lamtjops

 

6 lamtjops (met net genoeg vetjies)

Sap van ½ suurlemoen

6 e olyfolie

6 t sout

3 t swartpeper

3 e gekapte vars roosmaryn, plus takkies vir garnering

 

Maak 2 snitte, elk 1 cm diep, in die vertrand van elke tjop (dit sal keer dat die tjops opkrul en bak trek). Sprinkel die suurlemoensap en olyfolie oor. Strooi die sout, pepe ren roosmaryn oor. Sout met ‘n swaarder hand aan die vetkante, want dit help om die vet lekker bros te laat braai.

Braai oor medium-warm kole vir 12-15 minute (braai die eerste kant vir minstens 4 minute tot bruin voor jy dit omdraai). Sit voor op ‘n opdienbord en garner met die roosmaryntakkies.

 

HET JY GEWEET?

As jy behoorlike Karoo-lamtjops in die hande kan kry, kan jy vir niks meer vra nie. Die Karoo beslaan ‘n gebied van meer as 400 000km2 , wat dit groter maak as Duitsland.

 


 

Garnale

in Brandewynmarinade

 

12 gevlekte mediumgroot garnale

heel rooi brandrissies en/of vars kruie vir garnering

 

MARINADE

¼ koppie Olof Bergh-brandewyn

1 e gekapte vars rooi brandrissie, sonder die saadjies

1 knoffffelhuisie, gekap

1 e heuning

2 e olyfolie

3 e sojasous

sap van ½ suurlemoen

 

1. Meng al die marinadebestanddele, giet dit oor die garnale en marineer vir minstens 30 minute.

 

2. Braai die garnale, met die doppe na onder, oor warm kole vir 2 minute. Giet die oorblywende marinade oor die oopgesnyde rugkante van die garnale. Draai die garnale om en braai die vleeskante vir 1 minuut.

 

3. Garneer met die heel brandrissies en/of vars kruie voor jy dit bedien.

 

HET JY GEWEET?

Anders as ander seediere, pla dit garnale nie om mekaar te eet nie. Hulle doen dit gewoonlik as hulle nie ander kos kan kry nie.

 


 

Soetrissies

met Kekerertjievulsel

 

3 e olyfolie vir braai

1 t fyn masala

1 t gerasperde vars gemmer

1 knoffffelhuisie, gekap

½ ui, gekap

12 kersietamaties

1 t kerriepoeier

5 t groenteaftreksel

2 t mielieblom (Maizena), in 2 e water opgelos

1 x 400 g-blik kekerertjies, gedreineer

6 klein geel of rooi soetrissies

 

1. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die masala, gemmer en knoffffel vir 1 minuut. Voeg die ui by en braai vir nog ’n minuut. Voeg die tamaties by en braai vir 2 minute. Roer die kerriepoeier by en braai vir 1 minuut. Voeg die aftreksel by en laat kook vir 8 minute. Voeg laastens die opgeloste mielieblom en die kekerertjies by en laat kook vir 5 minute.

 

2. Sny die bokante van die soetrissies af en hou eenkant om as “deksels” te gebruik. Skraap die saadjies uit. Vul die soetrissies met die kekerertjievulsel, sit die “deksels” terug en hou dit met foelie in plek.

 

3. Braai oor medium kole vir 25–30 minute.

 

HET JY GEWEET?

Omdat soetrissies saad het en van blomplante kom, is hulle eintlik vrugte en nie groente nie.

 


 

Riboog-steak met Kruiesous

 

750 g riboog-steak

sout

 

MARINADE

4 e worcestersous

4 e olyfolie

1 e sout

1 t varsgemaalde swartpeper

 

KRUIESOUS

2 knoffffelhuisies, gekap

4 e gekapte vars platblaarpietersielie

1 e gekapte vars tiemie

1 e gekapte vars roosmaryn

1 t sout

1 t varsgemaalde swartpeper

 

Meng die bestanddele vir die marinade en marineer die riboog-steak vir ongeveer 1 uur.

Meng al die bestanddele vir die kruiesous.

Braai die steak oor warm kole – minstens 5 minute aan die eerste kant voor jy dit omdraai en dan nog 5 minute vir lig- tot halfgaar. As jy ’n halfgaar steak verkies, braai vir 13 minute. Sout die steak terwyl jy dit braai. Wanneer die steak gaar is, laat dit vir 7 minute op ’n houtbord rus voor jy dit in 2 cm-repies sny.

Rangskik die steakrepies op ’n opdienbord en sprinkel die kruiesous oor.

 

HET JY GEWEET?

Jean-Yves Renard (Frankryk) en ’n groep slagters het op 14 Mei 2002 ’n steak gemaak wat 27,68 m lank is. Dit hou steeds die rekord in die Guinness World Records as die langste steak ooit.

 

Onttrek uit Mynie Speel met Vuur, nou beskikbaar. Also available in English.

___________________________________________________________________________________________________________________________

 
 
 
 
____________________________________________________________________________________________________________________________
 

U KAN OOK GENIET

Recipes: Simply Seasonal by Ilse van der Merwe

Facebook  Twitter