Juanita Goosen erf haar ouers se gastehuis in ’n kusdorpie en vind vrede in eenvoud. Viljoen Kleynhans, ryk en gerekend, ervaar die wreedste verraad en vlug blindelings. Hy laat alles agter en kom uiteindelik by Juanita se gastehuis uit. In haar wêreld vind hy betowering wat geld nie kan koop nie, terwyl sy ’n hunkering na meer as oorlewing ontdek. Twee vreemdelinge, een dorpie, en ’n passie wat hulle uitdaag om reëls te breek. Soms is die lewe wat jy nooit beplan het nie die moeite werd.
Louise van der Merwe is al van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in ’n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Read more