ONDER EMBARGO TOT 15 MEI 2026
Max se lewe is verby. Sy sal moet trek. ’n Ander identiteit kry. Sy het sosiale selfmoord gepleeg. Haar en haar beste vriendin, Bibi, se gunstelingspeletjie Fast Forward verander in ’n ramp nadat sy per ongeluk ’n spottende boodskap op die graad 10-groep stuur – waar almal dit kan lees. Sy word summier van die groep afgeskop, en hulle word al twee uitgesluit van die graad se beplande “Halfpadklaar”-vieringe.
Max en Bibi, saam met die nuwe ou Jonatan, vorm ’n onwaarskynlike driemanskap en beplan eerder hul eie feesvieringe op Jonatan se oom se kleinhoewe. Hulle organiseer ’n fliekaand wat ook ’n fondsinsameling word om Max se ouma se kamermaat te help. Maar die aand is vol...
Zelda Bezuidenhout is in Zambië gebore, maar het op Hennenman
in die Vrystaat grootgeword. Ná skool het sy B.A. Kommunikasiekunde
aan die P.U. vir C.H.O. (deesdae Noordwes Universiteit)
gaan swot en aan die einde van haar vierde jaar was
sy een van twaalf nagraadse studente landwyd wat gekies is
vir ’n reklame-internskap by die AAA (Association of Advertising
Agencies). Zelda het vir ‘n tweede keer as naaswenner in
LAPA se jeugromankompetisie van 2023 bekroon gewees met
haar hierdie jeugroman, “Quinn se jaar van kwik”. Sy het in 2018
gedebuteer met haar eerste jeugroman, “As mens geluk kon
proe”.