Isabella voel nie soos die tradisionele beeldskone heldin wat jy op ’n silwerskerm gaan sien nie. Sy is ietwat sag om die kante en haar hare het ’n onbuigbare wil van hul eie. Op ’n dag besluit sy egter die tyd het aangebreek vir opwinding en avontuur. Sy het genoeg gestry teen haar begeerte om aan die ontvangkant van ’n man se hartstogtelike liefde te wees. Isabella breek weg uit die stad om van haar oorbeskermende ouers weg te kom en asem te skep in oop ruimtes. Daar waar niemand vir haar voorskryf wat om te doen nie. Sy is op soek na ’n man wat haar voete onder haar gaan uitslaan en sy is vasbeslote om hom te kry. Tydens haar soektog ontmoet sy ’n hele paar interessante mans, maar nie een so geheimsinnig soos die man wat op haar spoor bly en oral waar Isabella...
Kristel Loots woon in die Kaap. Sy is ’n meesterstorieverteller en skryf graag oor menswees, vrouwees en die vele interessante fasette daarvan. Kristel het ’n humoristiese skryfstyl wat baiekeer aan die tragikomedie en dieper aspekte van die lewe raak. Meer as vyftig boeke, insluitend romans en chicklit, het al vanuit hierdie veelsydige skrywer se pen verskyn.
Read more