NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017! Soms is geluk soos ’n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak. Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. ’n Nuwe dorp en ’n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp. Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef. Maar toe Arnelia uit die bloute ’n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oe te kyk… ’n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Zelda Bezuidenhout is in Zambië gebore, maar het op Hennenman
in die Vrystaat grootgeword. Ná skool het sy B.A. Kommunikasiekunde
aan die P.U. vir C.H.O. (deesdae Noordwes Universiteit)
gaan swot en aan die einde van haar vierde jaar was
sy een van twaalf nagraadse studente landwyd wat gekies is
vir ’n reklame-internskap by die AAA (Association of Advertising
Agencies). Zelda het vir ‘n tweede keer as naaswenner in
LAPA se jeugromankompetisie van 2023 bekroon gewees met
haar hierdie jeugroman, “Quinn se jaar van kwik”. Sy het in 2018
gedebuteer met haar eerste jeugroman, “As mens geluk kon
proe”.