‘As ek reg onthou, het jy ’n fantasie, ’ praat hy baie sag terwyl sy oë hare deurboor. Sy trek haar asem rukkerig in. Met net een doelgerigte tree stap hy uit in die reën tot reg teen haar. Hy raak nie aan haar nie, maar kyk netstip af in haar oë. Asof hy wag dat sy die eerste stap moet neem terwyl die reën om hulle val. ‘Bliksem, maar jy’s mooi, ’ fluister hy voor sy arms om haar vou en sy lippe hard op hare neerkom in ’n onbeheersde soen. Die aanraking is soos ’n weerligstraal wat in haar oopbreek en sy lig haar ken om hom beter toegang tot haar mond te gee. Die beweging vang hom onkant, want Marina vermoed dat Riaan verwag het dat sy hom sou stop. Die opgekropte emosie wat hy egter in haar veroorsaak, bars skielik deur haar goed verskuilde skanse en...
Louise van der Merwe is al van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in ’n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Read more