In Julie 2009 het Manser ’n volgende wêreldrekord gestel toe hy die eerste persoon was wat die wêreld se vierde grootste eiland, Madagaskar, per kajak omseil het - ook alleen en sonder hulp. Hierdie kolossale reis van 5000 km, wat hom elf maande geneem het, was volgens hom aansienlik meer veeleisend, beide fisies en geestelik. Hy moes uiterste eensaamheid oorwin terwyl hy verraderlike toestande verduur het, soos donderende golwe, siklone en ’n skroeiende son wat, gekombineer met soutwater, hom amper lewendig gepekel het. Tydens sy omseiling het hy baie onvergeetlike noue ontmoetings met Madagaskar se seelewe gehad – boggelrugwalvisse wat meters van sy kajak af deur die oppervlak gebreek het, reuse-leerskilpaaie wat langs hom geswem het, en sy boot wat deur ’n haai...
Riaan Manser het opslae gemaak toe hy die eerste een in die wêreld geword het om met ’n fiets reg rondom die Afrika-kontinent te ry. Dié reis het hom presies twee jaar, twee maande en vyftien dae geneem – sonder hulp en stoksielalleen. Manser se prestasie het aan hom die titel “Out There Adventurer of the Year 2006” besorg. Jy kan alles oor sy ongelooflike avonture in sy boeke lees!
Read more
Martinus van Tee is ’n spotprenttekenaar, skilder en illustreerder. Hy spesialiseer in humoristiese illustrasie, en lewendige karikature, en werk in digitale en tradisionele media.
Read more