Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776352883
Published: December 2022
Imprint: Romanza
Page Extent: 192
Format: e-Book
RRP 95.00

Dis effens gekompliseerd

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Wat doen ’n meisie wanneer sy haar verlowing verbreek en op dieselfde dag haar in ’n uiters aantreklike skrywer vasloop? Een wat haar uit die staanspoor van haar eks verloofde laat vergeet. Dis die dilemma waarin Miaan Swiegers haar bevind. Alex Combrinck is boonop die ridderlike tipe en red haar uit ’n ongemaklike situasie. Eintlik meer as een keer. Hy nooi haar na sy ouers se hotel vir die kerstyd en teen haar beterwete stem sy in. Miaan durf egter nie vir die aantreklike Alex val nie, want sy het ’n verlede. Met drie verbreekte verlowings op haar kerfstok kan sy onmoontlik nie goeie trou materiaal wees nie. Sy erken dit ook prontuit. Wat haar betref hou die liefde nie vir altyd nie. Sy waarsku Alex om nié op haar verlief te raak nie. Sy gaan dalk net sy hart breek....

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×