Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Fiction, Historical Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781485904960
Published: May 2022
Page Extent: 280
Format: e-Book
RRP 290.00

Tenk

Formats & Editions

About the book

1987. ’n Konvooi vegvoertuie is op pad na Angola om oorlog te maak. Vir die eerste keer is Suid-Afrikaanse tenks deel van die opmars om die Rooi Gevaar te stuit.

Kommandant Leon Marais dra nie net die las as bevelvoerder nie, maar bots ook met sy direkte hoof. Marius is nie ’n man wat daarvan hou om beveel te word nie.

Tenkbemanningslid, Abrie Ahlers worstel met sy eie probleme. Sal hy sy belofte kan nakom om betyds terug te wees vir die troudatum met sy sewentienjarige swanger meisie? Sal hy enigsins terugkom? En hoekom lieg hy oor die dood van sy pa?

Die insypelaar, majoor Cassie van der Merwe, moet in gevaarlike omstandighede te voet op die vyand spioeneer, en Pietie de Villiers, die jong dokter sonder enige weermagopleiding, word getaak om ’n...

About the Author

Pieter Stoffberg

Pieter Stoffberg

Pieter Stoffberg is ’n prokureur en skrywer van Ermelo. Sy kortverhaalbundel Die hart van ’n hond is met die Eugène Marais-prys bekroon. Donker vuur is sy vierde roman.

Read more

More titles by this author

×