Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776351749
Published: February 2022
Imprint: Romanza
Page Extent: 208
Format: e-Book
RRP 94.00

Meer as net ’n nag

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Sy’s nie die tipe om te wag nie ... Ná Sureya haar loopbaan as plusgrootte model prysgegee het om haar eie reisagentskap te begin, wys sy vir haar verloofde ook sommer die deur. Die man se oog gly te maklik en sy sien nie kans vir ’n huwelik vol verwyt nie. Nou begelei sy ’n groep ouer dames op ’n seereis aan boord die legendariese skip, Botanical, onder leiding van die bekwame en begeerlike kaptein, Chris Chandris. Dié aantreklike Griek laat knieë lam oral waar hy gaan, maar hoe is dit dan dat hy so gereeld oor Sureya se pad kom? Is die kaptein net ’n kansvatter, of skuil daar iets meer agter sy belofte dat hy haar eendag gaan soen? Sureya is lankal nie meer die tipe om te wag vir eendag nie.

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×