Liefde is soos goeie wyn ... Sonja Fourie word geken as die kwaai onderwyseres en versorgende moederfiguur in haar vriendekring. Nes dit ’n goeie onderwyser betaam, is haar lewe rigied: planne, lysies, tabelle en boksies hou alles mooi op koers en sy maak seker elke woord wat oor haar lippe kom is suiwer Afrikaans. Deesdae begin iets egter krap. Haar veilige nessie en voorspelbare bestaan voel nie meer genoeg nie. Sy het haarself as kind belowe sy sal ʼn stabiele en standvastige lewe skep en dit is wat sy gedoen het, maar nou het sy haar bedenkinge. Wie is Ethan om haar te laat voel sy kan iets meer wees? Ethan Brooks het homself in Suid-Afrika kom vestig om te veg vir die behoud van sy erfenis. Deursettingsvermoë loop sterk deur sy are, maar hy besef ook dat dit alleen...
Louise van der Merwe is al van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in ’n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Read more