Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780639609751
Published: October 2021
Imprint: Romanza
Page Extent: 208
Format: e-Book
RRP 95.00

Vergeet van reëls

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

Om aan te beweeg gaan sy eers die verlede moet oopkrap.
Antiekhandelaar Amelie Voster beplan om oor ses weke te trou, maar daar is net een onvoorsiene hindernis: Sy is weens een of ander misverstand nooit wettig van haar studenteliefde, Daniël Retief, geskei nie. Sy spoor hom op, maar Daniël is allesbehalwe die student wat sy onthou.
Hy is ’n welaf sakeman met ’n yskoue hart. ’n Slu manipuleerder en ’n afperser. As sy nie instem om hom op ’n sakereis te vergesel nie, kry sy nie ’n handtekening op haar skeikontrak nie.
Sy stem in, maar kort voor lank onthou sy al die intieme details van haar en Daniël se week lange studentewittebrood. Alles wat sy naarstiglik probeer vergeet het, keer terug. Daniël wroeg self om te vergeet, maar party herinneringe...

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×