Liefde laat nie op hom wag nie ...
Danika Lombaard hoort in die stad, maar sy gaan dié Kersfees op haar ouers se
plaas moet wees vir ’n familiefees. Danika is mooi, suksesvol en baie, baie
onafhanklik. Sy wil nie ’n man hê nie en klaar. Maar sy is ook die oudste van vier
dogters en haar ma speel al vir jare paartjieknoper.
Op die plaas loop sy vir Bismarck Lombaard raak, oftewel Meneer Ongeskik.
Die sexy boer met dieselfde van en haar ouers se buurman. Die een sonder
familie. Die een wat haar lelik genoem het. En die een wat haar hart aan die klop
kry.
Vir hierdie man moet sy ligloop. Hy dra haar tasse, hy skink vir haar wyn en sy
hande rus gereeld op haar lyf. Dis asof haar ma se droom van ’n kêrel vir Danika
waar geword het....
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more