Nes sy op haar eie voete leer staan, kom ’n man en swiep hulle onder haar uit. Nicola Steyn droom van Londen waar sy glo haar ouers se goeie naam en sakke geld vir haar die deure na die modeindustrie sal oopmaak. Haar ouers het egter ander planne. Die kraantjie is toe. Nicola kan haar droom volg, maar sy sal dit op haar eie stoom moet deursien. Vasberade stel sy ’n begroting op sodat sy aan die werk kan spring. Darem net genoeg vir ’n woonstel huur. En dít by die aantreklike werktuigkundige wat die gebou besit. Hoekom laat Stephan hierdie bedorwe brokkie net die beste weergawe van haarself wil wees? En hoe gemaak as jou hart jou een kant toe trek, terwyl jou lewenspad anderkant toe deins?
Louise van der Merwe is al van tienerdae af ’n dromer met haar neus in ’n boek. Louise is met haar eie held getroud en steeds dolgelukkig na drie woelige kinders. Sy is dol oor liefdesverhale want sy is ’n opperste romantikus. Liefde is mooi en lekker en raak nooit oud nie! Liefde gee ons ook hoop in ’n donker onregverdige wêreld en al kan sy vir net een persoon ontvlugting bied deur een van haar boeke dan sal sy met ’n tevrede hart kan heengaan.
Read more