Met hierdie versamelitems vier ons vyftien jaar van ontspanning, ontvlugting en pure bederf Duiwel in ’n snyerspak Brandt Faber is hard, onwrikbaar, onstuitbaar. Hy draai nie doekies om nie, Leana moet hom betaal – met haar vriendskap, geselskap, haar lyf. Om wraak te neem, het sy hom nodig. Maar hý lê die reëls neer. Mooiste man Hy’s ’n mooi man. Te mooi. En mooi mans maak seer, vernietig. Nou is daar weer so ’n man in Zenlee se lewe, te mooi om waar te wees. Sal sy ooit aanvaar dat Bismarck Nel eerbaar kan wees?
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more