Weinig mense spit diep in hulle spaargeld in, sluit hulle huis en klim vir drie maande van afsondering op ’n kanaalboot in die verre Engeland. Sonder geselskap. Sonder ervaring. Sonder ’n bootliksens. Sonder die voorwete dat alles goed sal afloop. Annelie en die gryse het besluit om die kanaalpad te vat en reg in die snerpende winter in te vaar. Om te toets wat hulle ná vier-en-veertig jaar van saamwees in mekaar oorhet. Om te besin oor die roete van die allerlaaste vyftien sterkerige jare wat dálk voorlê. Om herinneringe te vergaar vir die stil dae op die ouetehuisstoep. En om mekaar vergifnis te gee vir sovele sondes. Min sou hulle kon voorsien dat die reis van hosannas ook ’n reis van tappende ontberings en rasperende emosies sou wees. En dat hulle meer as een maal...
Annelie Botes (28 Junie 1957–12 Desember 2024) was een van Afrikaanse se gewildste roman-, kortverhaal-, reis- en rubriekskrywers. Romans soos Trippel sewe, Klawervier, Raaiselkind, Thula-Thula, Swart op wit en Katvis het uit haar pen verskyn. Sy het vir meer as twee dekades rubrieke vir verskeie publikasies gelewer. Annelie se werk is wyd vertaal en verskeie literêre pryse is aan haar toegeken
Read more