Toe die klok 12:00 slaan om die nuwe jaar in te lei besluit Annemi Morkel dat sy net een nuwejaarsvoorneme gaan hê. Dis om halsoorkop verlief te raak. Haar huismaat - Leana - trou oor drie weke en sy is dan die enigste een in hul vriendekring wat nog alleen is.
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more