Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in ’n helikopter geklim het. Vandag wonder almal...
Izak du Plessis is 'n radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusprogramme Monitor en Spektrum . In 2015 het hy 'n ATKV Mediaveertjie vir 'n reeks oor plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat gewen, en in 2016 is hy aangewys as die Vodacom Nasionale Joernalis van die Jaar vir radiobydraes. Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 5 .
Read more