Magriet Aggenbach kom lek haar wonde in die Kaap nadat haar vriend haar vir ’n ander vrou gelos het. Haar tannie Jacky se restaurant maak nie genoegsaam wins nie en Magriet moet kom help omdat sy pas haar graad in bemarking verwerf het. Gou raak sy deel van die Kaapse elite se vriendekring, en moet sy bontstaan om Xander Prinsloo se ongevraagde aandag vry te spring.
Sy wil nie weer seerkry nie, en doen haarself voor as ’n kelnerin in haar tannie se restaurant sodat sy kan toets of haar nuwe rykmansvriende haar aanvaar vir wie en wat sy is. Syself is ’n rykmanskind en is die dogter van Karel Aggenbach, ’n magnaat in Johannesburg. Sodra haar “vakansie” by haar tannie verby is, gaan sy in haar pa se besigheid werk.
Dis egter Xander se beste vriend...
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more