Anele aanvaar Devan Steward se onweerstaanbare aanbod om sy private boekversameling uit te sorteer. Onder sy dak leer ken sy die man agter die ongeduldige kliënt en sy verloor haar hart op die ware Devan.
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more
No biography available for this author.