Boereverneuker, -s, kwaksalwer, bedrieër; ook spottend vir prokureur gebruik.
Hulle is sjarmant, galant, elegant, belese, berese, gelowig, bedagsaam, selfversekerd, hiperintelligent ... en jy kan nie help om van hulle te hou nie. Maar eintlik is hulle glibberige gladdebekke wat jou in ʼn ommesientjie platsak gaan laat. Want hulle lieg, bedrieg, gee voor. Hulle verdraai, verdoesel, verduister, verwoes. En as jy jou oë uitvee, is jy nie net jou geld kwyt nie, maar ook jou reputasie en status, terwyl die gladdebek lankal soos mis voor die môreson verdwyn het. Sommige van hulle is so goed dat hulle selfs bewonder word ten spyte van hul verfoeilike skelmstreke. Boereverneukers vertel die stories van Afrikaanses wat van ons land se grootste skelmstreke gepleeg het. Van die...
Izak du Plessis is 'n radiojoernalis en aanbieder by RSG se nuusprogramme Monitor en Spektrum . In 2015 het hy 'n ATKV Mediaveertjie vir 'n reeks oor plaasaanvalle in die Oos-Vrystaat gewen, en in 2016 is hy aangewys as die Vodacom Nasionale Joernalis van die Jaar vir radiobydraes. Van sy gedigte is opgeneem in Nuwe stemme 5 .
Read more