Milan bestuur die sakeryk wat sy geërf het. Heel verstaanbaar is sy agterdogtig en besonder ergerlik toe Evan de Vos – wat sy nie van Adam se kant af ken nie – kom met ’n aanbod om haar aandeel in haar maatskappy te koop. En is die man vasberade! Dalk het hy tog ’n hand in die knoeiery wat sy in die maatskappy vermoed. Asof dit nie genoeg is nie, moet sy onverwags en veral onvoorbereid haar vriendin se twee kindertjies oppas. Evan dink nie sy doen dit goed nie. Trouens, hy dink nie sy doen enigiets reg nie.
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more