Maribelle, wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het, keer as ’n mediese dokter terug na Witklip en open ’n praktyk daar. Haar pad kruis met die ryk en gesiene Jordaans s’n. Die drie Jordaan-mans is al drie byna prinse. Maar in sulke mans se lewe is daar altyd ’n ander meisie, of ’n eksmeisie. En dit is Maribelle se lot dat sy op die verkeerde prins verlief raak – en al drie raak op haar verlief, of so lyk dit. Hoe kry ’n meisie die man van haar hart sonder om die ander twee broers seer te maak? En wat beteken mevrou Jordaan se veranderde houding jeens haar?
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more