Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9780799357752
Published: October 2012
Imprint: Romanza
Page Extent: 116
Format: e-Book
RRP 90.00

Net een soen

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

’n Jaar ná Liselle se egskeiding hou sy ’n partytjie om dit te vier. Maar dit verloop ietwat anders as wat sy beplan het want haar eksman daag ook op. Nie vir die partytjie nie maar om ’n versoek aan haar te rig. Kort voor lank bevind Liselle haar in ’n situasie waar hulle weer saam in die huis woon – met ’n geldige rede. Liselle weet net nie of dit die ware rede is nie. En of sy dit kan waag om te byt aan die storie dat sy ontrouheid ’n “misverstand” was nie. Waarvan sy wel seker is, is dat een soen genoeg sal wees om haar van balans af te gooi.

About the Author

Dina Botha

Dina Botha

Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.

Read more

More titles by this author

×