Skip to main content

Penguin Random House South Africa

Hennie Maartens

Hennie Maartens

Hennie Maartens is gebore op Petrusburg in die Vrystaat in 1944 en het aan die universiteite van die Vrystaat, Stellenbosch en Nelson Mandela
gegradueer. Hennie is getroud met Maretha Maartens vir ‘n halwe eeu van opwinding en avontuur. Hulle het twee dogters, Danila en Naomi, en 5 unieke kleinkinders. Hennie was leraar in Oos-London, Welkom, Noordhoek en Bloemfontein. Tans is hy die Hospitaalpredikant vir Engo in Bloemfontein. Hy is baie lief vir toer en plattelandse bedieningsgeleenthede. Hennie lees graag teologiese, geskiedkundige en staatkundige boeke. Sy lewensleuse is Psalm 16:5. “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang kom alles van U af.”

Titles By this Author​

×