Penguin Random House South Africa

Ronel van Oort

Ronel van Oort

Ronel van Oort is die outeur van Kwaailappies wat in 2025 verskyn het. In hierdie boek word die unieke ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans deur middel van stories vir kinders (én volwassenes) verlewendig.
Sy woon op ’n plaas langs die Mooirivier en was jarelank ‘n dosent in Afrikaans aan die NWU in Potchefstroom. Haar PhD het die ontstaan van die verskillende Afrikaanse variëteite ondersoek. Haar verdere navorsing is daarop gerig om kinders se leesbegrip van veral letterkunde te verbeter. Sy is ook medeouteur van ’n aantal Afrikaansskoolhandboeke wat tans in skole gebruik word.

Titles By this Author​

×