Penguin Random House South Africa

Willie Strauss

Willie Strauss

Willie Strauss is op Kenhardt in die Noord-Kaap gebore. Hy het ’n diploma in uitvoerende kuns aan die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) behaal. Willie het direk in die bedryf begin werk, maar sy loopbaan het in die rigting van kos begin beweeg ná hy kosrubrieke vir die Rapport-tydskrif MyTyd begin skryf het. Dit was die begin van sy eerste kookboek, Daar is ’n engel in my koskas.Hy het gereelde kospraatjies op RSG en Pretoria FM en is ook ’n gereelde gas op TV-programme. Willie was ook mede-aanbieder van Kos is Oppie Tafel op die onafhanklike kanaal ASTV. Willie toer tans die land vol met sy produksie Willie kook. Hy is ook ’n gewilde beoordelaar by verskeie kunswedstryde en eisteddfods.

Titles By this Author​

×