Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781485904229
Published: September 2019
Page Extent: 208
Format: e-Book
RRP 220.00

By die brandende berg

Formats & Editions

Product Image
e-Book
About the book

JJ van Solms, so hardegat soos wat hy hardwerkend is, se rykdom lê in Afrika se kobaltriwwe. In die Kongo vestig hy ’n myn saam met twee vennote, maar toe die geld begin inrol, raak hy vir hulle oorbodig. Ná ’n aanslag op sy lewe moet hy vlug.

Dit is naby die Brandberg in Namibië waar JJ saam met sy gesin skuiling soek. Hier probeer hy ’n sukkelende tantalietmyn en sy mislukte huwelik red.

In die skaduwee van die alomteenwoordige Brandberg wat oor die landskap waak, wonder hy wat sy lot sal bepaal: diegene op sy spoor, of die vrees en paranoia wat aan sy gemoed vreet.

About the Author

Piet van Rooyen

Piet van Rooyen

Piet van Rooyen is die skrywer van sewe romans en vier poësiebundels. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, wen die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisiein 1993. Hy ontvang hiervoor ook die cna-prys vir 'n debuutroman. Die olifantjagters verskyn in 1997 en dié roman ontvang in 1998 die M-Net-prys. Ander romans sluit in Gif (2001), Die brandende man (2002), Akwarius (2005), Etosha (2010) en Rodriguez (2012). Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Read more

More titles by this author

×