South African Trade Publisher of the Year 2016, 2017 & 2019

Search for your favourite author or book

Hoerkind: Die memoires van ’n randeier

ISBN 
9781776093380
Format 
Paperback
Recommended Price 
R280.00
Published 
July 2022
About the book: 
Herman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug én beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in ’n losieshuis in Kaapstad verwek – buite die eg. Van jongs af het hy soos ’n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.
 
Op 13 beland hy in die kloue van ’n geslepe pedofiel, ’n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Ná skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met ’n “smorgasbord van eendagsvlinders” kattemaai.
 
Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wêreld reis. As volwassene voer hy ’n stryd met drank en dwelms en is ’n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees.
 
Hoerkind is ’n aangrypende relaas oor verlies én oorwinning wat jou sal laat lag, en jou hart ’n paar keer breek. Jy sal jou kop skud oor die wreedheid van ’n wêreld waar mense aan mekaar uitgelewer is, maar jy sal verwonderd staan oor die omvang van goedheid, juis omdat mense op mekaar aangewese is.
Other titles by this author 
About the Author
Herman Lategan is ’n boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ’n bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems,  het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast,  asook kortverhale in o.m. Bloots  en Skrik op die lyf.

Others also viewed

From the detention centre on Ellis Island, Ludwig Somner looks across a small stretch of water to...
Unlock a magical world of mermaids with this beautiful secret journal - a treasure trove of...
Toe Maryke, ’n jong hipnoterapeut, ’n kwak wat gehore kamma hipnotiseer probeer...
From the bestselling author of Autumn  and Winter,  as well as the Baileys Prize-...