Die joernalis en skrywer Herman Lategan word vroeg reeds ʼn hoerkind genoem. Hy is buite die eg gebore. As kind word hy brandarm groot; daar is ʼn skaarste aan kos. Op ses gaan hy vir ʼn jaar kinderhuis toe.
Om soos ʼn weggooikind te voel spook dekades lank by hom. Albei sy ouers word alkoholiste. Sy stiefpa skiet op hom. Op 13 beland hy in die kloue van ʼn pedofiel. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. Hy word in die weermag toegesluit. As jongeling vertrek hy na New York waar hy die kunstenaar Andy Warhol op straat agtervolg.
Hy keer terug na Suid-Afrika waar hy op die strate beland. Later gaan hy na verskeie rehabilitasiesentrums vir alkohol- en dwelmafhanklikheid. Een aand word...
Herman Lategan is ‘n boorling van Kaapstad. Sy hart lê by die ontheemdes, buitestaanders en aweregse belhamels. Hy is ‘n bekroonde skrywerjoernalis wat al internasionaal gepubliseer is. Sy eerste bundel rubrieke en artikels, Binnekring van spookasems, het uitstekende resensies ontvang. Verdere publikasies sluit in: Gedigte in New Contrast, asook kortverhale in o. M. Bloots en Skrik op die lyf.
Read more