Atmosvuur is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.
Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende...
Vir die afgelope 20 jaar vind Nasionale Braaidag plaas op inisiatief van Jan Braai, gemik daarop om al 60 miljoen Suid-Afrikaners op 24 September rondom braaivure saam te bring. In hierdie tyd het Jan twee MBA’s verwerf: sy meestersgraad in besigheidsadministrasie aan die Universiteit van Kaapstad en sy meestersgraad in braai-aktiwiteite aan die Universiteit van die Lewe.Jan Braai is die skrywer van nege topverkoper-resepteboeke. Sy boeke is in verskeie tale vertaal en internasionaal gepubliseer. Hy is die aanbieder van die hoogaangeskrewe televisieprogram Jan Braai vir Erfenis op DStv se Kyknet en Showmax. Dié program is tans in sy vyftiende seisoen. Hy is ‘n aktiewe sportman en wanneer hy nie by ‘n braaivuur of in die kombuis is nie bring hy sy tyd deur om fiets te ry, te roei of te hardloop. Jan Braai is net die soort man wat jy wil hê jou kinders moet leer kosmaak!
Read more