DIE BOEK
Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!
Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en Lex, wat ook die gesogte rol wil hê. Teen die agtergrond van 'n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?
THE BOOK
The thrilling final book in the Aksieheld Austin series!
Ewald Eloff faces his greatest challenge yet. Although he has played the role of the beloved action hero Austin for years, Ewald must...
Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boek BreinBliksem wen die Goue Sanlamprys vir jeuglektuur en ook die MER-prys vir jeuglektuur. Onderwêreld is met die Silwer Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon. Hy het ook al ‘n rits ATKV-Woordveertjies en ‘n M.E.R.-prys ingepalm. Hy het die LAPA se jeugromankompetisie alreeds drie keer gewen met sy boeke Offers vir die vlieë, Ons laaste legendariese somer en Die seun met die swaeltjie. Offers vir die vlieë ontvang ook ‘n ATKV-Woordveertjie toekenning (2019) en word met die Scheepersprys vir jeuglektuur (2022) bekroon.
Read more