Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Children, Children 9-12 Years, Children's Fiction, LAPA Kinder & Jeug, Local Non-Fiction, Kinder & Jeug
ISBN: 9780799398786
Published: September 2020
Page Extent: 56
Format: Paperback
RRP 150.00

Bastian Blom en die magtige moerasmonster

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
e-Book
About the book

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:valstande,ou brille,posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)porselein-uile,en boeke met spookstories.Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!

About the Author

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs

Jaco Jacobs is die skrywer van vele bekroonde, topverkoper boeke vir kleuters, kinders en tieners. Hy vertaal graag en het al vertalings vir kinders en tieners in beide fiksie- en niefiksieboeke gedoen.

Read more
Linki Brand

Linki Brand

Linki Brand hou van teken en stories. Sy is tydens die 1980’s in Potchefstroom gebore. Sy spandeer haar kinderdae in Pretoria en later Venterstad in die Bo-Karoo. Sy gaan studeer BA Grafiese Ontwerp aan die Noordwesuniversiteit en raak in die geheim opgewonde oor illustrasiewerk. Linki het vryskutwerk gedoen vanuit Bloemfontein, Hermanus en daarna Bettysbaai, Greyton. Later emigreer sy saam met haar gesin na Penicuik, Skotland. Linki, haar man, Werner, dogtertjie, Fia en seuntjies, Ben en Lukas, bly tans in Bergen, Noorweë.
Verskeie van Linki se illustrasies verskyn in internasionale kinderboeke asook in die boeke van plaaslike skrywers soos Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Leon de Villiers en Wendy Maartens. In 2018 het sy onder andere illustrasies vir twee kinderboeke in die Verenigde Koninkryk gedoen en 'n strokiesprent in die 24 Panels bundel gepubliseer. Sy is ook in 2021 aangewys as een van die finaliste vir die Pendoringtoekenning vir haar ontwerpe.

Read more

More titles by this author

×