Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult, New Releases
ISBN: 9781776392803
Published: October 2025
Page Extent:
Format: MP3 format
RRP 370.00

Binnerym van bloed

Formats & Editions

Product Image
Paperback
Product Image
MP3 format

Buy from..

About the book

Digter Antjie Krog keer terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaatse vlaktes bekoor haar - dit is haar tuiste; ook die tuiste van haar ma, die skrywer Dot Serfontein. Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp en haar skrywerskap vergelykbaar met dié van haar dogter.



In Binnerym van bloed breek Antjie Krog die grense tussen genres af en skryf sy oor hierdie verhouding wat haar bly fassineer en kasty. Sy gebruik briewe, dagboekinskrywings en versorgingsverslae om verreikende benaderings tot kreatiwiteit, ideologie en die waarheid van oudword bloot te lê.



Krog spoel die onoorkombare verskille tussen geslagte oop, maar wys ook die liefde en wedersydse bewondering...

About the Author

Antjie Krog

Antjie Krog

Antjie Krog is gebore en word groot in die Vrystaat. Sy was sewentien toe haar eerste digbundel verskyn. Hierna volg ’n verdere dertien bundels. Sy was redakteur van die politieke tydskrif Die Suid-Afrikaan en werk later as radiojoernalis. Sy is internasionaal veral bekend vir haar boek Country of my skull, ’n persoonlike verslag van die Waarheid-en-versoeningskommissie. Vir haar joernalistieke werk is sy met die Pringle-toekenning bekroon. Sy is ook die skrywer van ’n Ander tongval en Begging to be black. Krog ontvang die belangrikste toekennings in die genres waarin sy werk: poësie, niefiksie en vertaling, onder meer die Eugène Marais-prys, die Hertzogprys, die Alan Paton-prys en die Olive Schreiner-prys. Sy is vereer met die Hiroshima Peace Culture Foundation se Stockholm-toekenning, die Sentraal-Europese Universiteit se Open Society Prize en die Nederlandse Gouden Ganzenveer. Sy is getroud met die argitek John Samuel.

Read more

More titles by this author