Al Celeste se aandag word in beslag geneem deur die restaurant wat sy pas oopgemaak het. En dit terwyl sy eintlik haar huwelik moet reël wat binnekort voltrek word. Hoe moet ’n meisie ook nou maak as haar verloofde vir ’n paar maande voor die huwelik oorsee is. Gelukkig is die aantreklike en sensitiewe man van die bloemistewinkel om die hoek meer as behulpsaam met meer as net die blomme. Maar dié uitkoms word ’n probleem omdat Celeste meer aan die bloemis as aan haar verloofde begin dink. En tydens hulle telefoonoproepe klink haar verloofde nie juis na ’n man wat nie kan wag om te trou nie. Moeilike tye is op hande ...
Dina Botha is 'n liefdesverhaalskrywer wat al met vyf ATKV-Woordveertjies vereer is. Reeds as tiener was sy lief vir lees, maar sy het nooit formeel probeer skryf nie. In 2006 vervul sy op 42 een van haar groot hartsbegeertes, toe haar eerste Romanza, In ruil vir 'n hart, verskyn. Tans het sy 92 Romanzas, insluitend 8 SuperRomanzas, agter haar naam. Sy woon in Centurion saam met haar man en is die trotse ouma van twee kleinkinders.
Read more