Thomas en Ella se wêrelde kon nie verder weg van mekaar wees nie. Sy woon in ’n wêreld van chauffeurs en rooi matte -satyn en pêrels. Hy woon in die agterste kamer en is die man wat die perfekte meisie dryf om; nie die man wat die meisie kry nie. Maar baie kan verander in ses weke ...
Zelda Bezuidenhout is in Zambië gebore, maar het op Hennenman
in die Vrystaat grootgeword. Ná skool het sy B.A. Kommunikasiekunde
aan die P.U. vir C.H.O. (deesdae Noordwes Universiteit)
gaan swot en aan die einde van haar vierde jaar was
sy een van twaalf nagraadse studente landwyd wat gekies is
vir ’n reklame-internskap by die AAA (Association of Advertising
Agencies). Zelda het vir ‘n tweede keer as naaswenner in
LAPA se jeugromankompetisie van 2023 bekroon gewees met
haar hierdie jeugroman, “Quinn se jaar van kwik”. Sy het in 2018
gedebuteer met haar eerste jeugroman, “As mens geluk kon
proe”.