Die donker god se naam is Alex. Hy verdra geen ander voor sy aangesig nie. Pippa is sy swakheid. Oor haar, skaars negetien, buig hy hom. Sy greep op haar is een van liefde, wellus en geweld. Van die eerste keer af, toe hy haar uit ? donderstorm red, haar uittrek en afdroog, het Pippa teen hierdie onheilspellende man geen verweer nie. Haar vrees vir hom wek ook haar begeerte na hom op. Sy hardhandigheid en sy teerheid verwar haar en lok haar aan. Die pyn wat haar aandoen, word ? geheim tussen hulle, intiem en onsêbaar. Hy bring haar na sy vesting. Omring van boeke, Persiese tapyte, Afrika-maskers en musiek verlei hy haar keer op keer onder sy oorheersing in. Hy dring haar siel en haar verstand ewe veel as haar liggaam binne, Hy gee haar diamante, ? apie om mee te speel en...
No biography available for this author.