Penguin Random House South Africa

Categories: Afrikaans, Contemporary Fiction, Fiction, Local Fiction, Adult
ISBN: 9781776380176
Published: August 2022
Page Extent: 236
Format: e-Book
RRP 270.00

Die drie lewens van Hannli Human

Formats & Editions

About the book

Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-aanvalle, moet sy en haar gesin hul plaas verlaat en Suid-Afrika toe verhuis.

As student beleef sy ’n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet.

Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, ’n dogtertjie, Nell. Maar ’n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie. Toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock.

Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?

About the Author

Connie Luyt

Connie Luyt

Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti, laasgenoemde twee vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria.

Read more

More titles by this author

×