Penguin Random House South Africa

Categories: Action & adventure, Afrikaans, Fiction, Local Fiction, Adult, New Releases
ISBN: 9781779880635
Published: March 2026
Imprint: LUCA
Page Extent: 272
Format: e-Book
RRP 255.00

Die eilandbruid se sluier

Formats & Editions

About the book

Chrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.

Nadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op ’n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek. Hiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer ’n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel.

Die kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op ’n reis van...

About the Author

Elize Parker

Elize Parker

Elize Parker is ’n omgewingsjoernalis en skrywer van twee Christenfiksie-reekse; sowel as talle dagstukkieboeke in Engels en Afrikaans. Sy was sewe jaar ’n kolomskrywer vir Huisgenoot-tydskrif en verbonde aan nuusspanne van Laevelder-koerant en Bulletin Radio-nuusagentskap. Sy val graag in die pad na die Weskus om oor krimpende pikkewynbevolkings te skryf en stap agterpaaie van die Overberg op soek na vlugvoetige rooikatte. Elize werk as ’n joernalis en woon in Pretoria. Sy is ma van twee dogters; onderwyseres Ruby; en navorser oor pandemies; Edyth. Sy droom daaroor om ’n boek te skryf oor bedreigde groot kat bevolkings soos leeus en tiere.

Read more

More titles by this author

×